PRINS ALBERT

LEKKER DOENDINGE EN PLEKKE OM TE VERKEN IN PRINS ALBERT
KUNSGALERYE OM ELKE HOEK
Kunstenaars is mal daaroor om in Prince Albert uit te stal. Die Prins Albert Gallery is vol besonderse, plaaslike skilderye en beeldhouwerk.
BESOEK DIE SWARTBERG HOTEL SE GIN-BAR
Smaakvolle gin cocktails geinspireer deur die Karoo. Perfek om naweek in Prins Albert af te skop
KOFFIE BY LAZY LIZARD
’n Ou poskantoor omskep in ’n knus koffiewinkel. Jou latte kom met varsgebakte koek, tert of verskillende tuisgebak.
KAASPROE BY GAY'S GUERNSEY DAIRY
Vars, plaaslik en vol smaak. Meeste van die restourante, hotelle en gastehuise kry hulle melk en kaasprodukte van Gay se Dairy af.
SATERDAGMARK
Tuisgemaakte konfyte, worsbroodjies en pannekoek. Vars, plaaslik en smaaklik.
WELTEVREDE VYEPLAAS
Kry net die beste boetiek-konfyt en geurige vyekoek. ’n Vallei-uitstappie net buite die dorp.
FLIEK IN KERKSTRAAT SE RETRO-BIOSKOOP
’n Klein, stylvolle ruimte vol sjarme. Die bioskoop is onlangs oorgedoen en wys gereeld ‘n rom-com of ‘n classic.
SWARTBERGPAS PER FIETS OF STAP
’n Geskiedenis in klip en kranse. Skilderagtige uitsigte en ideaal vir avontuurlustiges met ‘n goeie bergfiets of 4x4.